Schools
Sagies vaar goed in Sewes toernooi
Die skool se o11-rugbyspan het tydens beide toernooie goud gewen.
Laerskool Hannes Visagie se Sewes o11-rugbyspan het onlangs goud gewen tydens twee sewes toernooie waaraan die span deelgeneem het.
Die span, onder leiding van Johnny Holmner, het die eerste toernooi oor die naweek van 22 September by Laerskool Christiaan Beyers aangedurf.
Die o11-seuns het teen Laerskool Baanbreker, Laerskool Christiaan Beyers en Laerskool Goudrand te staan gekom.
Op 21 Oktober het die span in die tweede toernooi deelgeneem.
Tydens dié toernooi het hulle teen Laerskool Die Arend, Laerskool Christiaan Beyers en Bryanston Primary gespeel.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



