Local sportSport

Nigel Rugbyklub sluit uitdagende eerste Peregrine-seisoen af

Nigel Rugbyklub het hul eerste seisoen in die Valke Peregrine Liga afgesluit met 'n nederlaag teen Vereeniging, maar waardevolle ervaring en vasberadenheid lê die grondslag vir ’n belowende toekoms.

Nigel Rugbyklub het op 2 Augustus in hul laaste ligawedstryd in die Valke Peregrine-liga teen Vereeniging Rugbyklub te staan gekom.

Vereeniging se eerstes het Nigel met 98-26 geklop en die klub se tweede span het met 58-3 verloor.

Dit was die eerste seisoen dat Nigel in die Peregrine Liga gespeel het, en hulle het dit nie maklik gevind nie.

Die spelpatroon, spoed en hantering is ’n groot aanpassing.

Nietemin het Nigel, ten spyte van uitdagings, beslis nie vir die groter spanne teruggestaan nie.

Die ervaring wat hulle vanjaar opgedoen het, is van onskatbare waarde en sal as fondament vir toekomstige groei dien.

Eersterangse ondervinding is van onskatbare waarde en kan net verkry word deur self op die veld te wees en alles te gee.

Dat Nigel sterker sal uitkom in toekomstige wedstryde is nie te betwis nie, en met die volgende ligaseisoen sal hulle beslis ’n span wees om mee rekenskap te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button