Local sportSport

Sasol Kobras klop Heidelberg Rugby met 38–30 in voorlaaste Valke Merlin-ligawedstryd

Heidelberg Rugbyklub eerstes het Saterdag swaargekry toe Sasol Kobras hulle in die voorlaaste Valke Merlin-ligawedstryd met 38–30 troef.

Heidelberg Rugbyklub het in hul voorlaaste Valke Merlin-ligawedstryd teen Sasol Kobras kragte gemeet, waar Sasol die tuisspan met 38–30 geklop het.

Sasol was oorgehaal en het die regte wedstrydplan gehad om Heidelberg se spel te ontwrig.

In die skrums was hulle net te sterk en het Heidelberg verskeie male uit die besit gedruk.

Sasol stuit Heidelberg se aanval.

Menige strafskoppe is ook aan die Kobras toegestaan as gevolg daarvan.

In die ander fasette het Heidelberg hul man goed gestaan.

Heidelberg het vroeg in die wedstryd die eerste punte aangeteken met ’n strafdoel wat in punte omskep is.

 Kaptein Nantus Mouton is op die aanval.

Heidelberg het nog ’n strafdoel asook ’n drie in die eerste helfte gedruk, terwyl Sasol drie drieë en twee doelskoppe aangeteken het.

Teen halftyd was die telling 11–19 in Sasol se guns.

In die tweede helfte het Berge ’n verdere drie drieë en twee doelskoppe aangeteken, terwyl Sasol punt vir punt dieselfde aangeteken het.

James Atterbury (met die bal) op die aanval in sy 300ste ligawedstryd.

Die Berge se punte is as volg aangeteken: drieë: JJ Theron, Brennan Ryan, Jannie Hough en Nantus Mouton, doelskoppe: Francois Vorster (2) en strafdoele: Francois Vorster (2).

Heidelberg tweedes het vergoed en Sasol se tweedes 28 (13) – 7 (0) verslaan.

Berge het vier drieë, een doelskop en twee strafdoele aangeteken teenoor Sasol se een drie en doelskop.

Heidelberg se tweede span besig met ‘n rolmaal beweging.

Die tweede span se puntemakers was: drieë: Xolani Zulu, Sydney van Huysteen, Izak Tait en Adriaan Cilliers, doelskop: Sheldon Sutherland (1) en strafdoele: Sydney van Huysteen (2).

Dit is van uiterste belang dat Heidelberg hul laaste wedstryd teen Meyerton moet wen om in die uitspeelwedstryde deel te neem. Meyerton is tans in die eerste plek op die liga puntestelsel.

Bongi Ntuli hardloop met die bal.

Twee groot mylpale is gedurende die dag se wedstryde aangeteken.

James Atterbury (36) het vir die 300ste keer in ’n Heidelberg-trui op die veld gedraf, terwyl Izak de Beer sy 50ste wedstryd vir Heidelberg gespeel het.

Die laaste ronde-wedstryde teen Meyerton word op 23 Augustus op die Hoër Volkskool se velde beslis.

Die tweede span skop om 14:40 af en die eerstes om 16:00.

James Atterbury se kinders, Wian en Karike, draf saam op die veld vir James se 300ste wedstryd.
Izak de Beer draf op vir sy 50ste wedstryd.
Lynstaanspel.tussen Heidelberg en Sasol se eerste spanne.
JJ Mienie is op die aanval.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Heidelberg Nigel Heraut in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button