Volkskool se netbalspelers wat deel van die afgelope Bokkieweek in Kroonstad was het verseker uitgeblink.
Die Bokkieweek het vanaf 4 tot 8 Julie plaasgevind en die netbalspelers het Oos-Transvaal verteenwoordig.
Daar was altesaam 15 spanne wat in die verskillende ouderdomsgroepe deelgeneem het.
Volkskool se spelers het onderskeidelik in die o14, o16 en o19 afdelings deelgeneem.
Die o14-Bokkiespan van Oos-Transvaal het die goue medalje verower.
In hulle 14 wedstryde wat hulle gespeel het hulle 13 oorwinnings behaal asook een gelykop uitslag.
Arné van Tonder is as o14 speler van die week uitgewys.
Die o19 span het die silwer medalje verower. Meceila Brits was ook aangewys as die o19 speler van die toernooi.
De volgende spelers is gekies vir die SA Bokkiespan:
O14: Arné van Tonder, Leila de Beer en Jon-Benet Bauer.
O16: Karen Venter, o19: Madeli Grobler, Meceila Brits en Annelie du Plessis.









