Hoërskool John Vorster se o14 en o16-rugbyspanne het op 23 Julie goed gevaar tydens die Valke-liga finaal.
Die o14-span, wat teen Hoërskool Stoffberg gespeel het, het gelykop gespeel met ‘n finale telling van 15-15.

Die trofee word tussen die twee spanne gedeel, maar omdat die Vossie-span bo aan die punteleer hul liga geïndig het, sal hulle as die nommer een span in die Virseker Beker die stryd intree.
Die o16-span het hul liga as naaswenners geïndig teen Hoërskool Sasolburg.
Beide spanne neem tans deel aan die Virseker Beker toernooi.




