GalleriesInternationalSchools galleriesSport

Walter presteer by die Suid-Afrikaanse Perdry Jeugkampionskap

Walter en sy perd 'Classic Element', het in die afdelings A2-klas en 2 Fase-klas 'n eerste plek verower waar hy teen 88 ander ruiters tot en met die ouderdom van 18 meegeding het.

Walter van der Walt (13) is vanjaar by die Mark White Nissan Suid-Afrikaanse Jeugkampionskap in twee verskillende klasse as die Suid-Afrikaanse Kampioen aangewys.

Die kampionskapp het vanaf 9 tot 13 Desember by Kyalami Park in Johannesburg plaasgevind.

Walter en sy perd ‘Classic Element’, het in die afdelings A2-klas en 2 Fase-klas ‘n eerste plek verower waar hy teen 88 ander ruiters tot en met die ouderdom van 18 meegeding het.

Lees ook: Volleyball served at Ermelo Sport Inn in Volleyball Revival tournament

Hy het in albei afdelings op ‘n hoogte van 1m die vinnigste tyd opgestel.

Na afloop van die kompetisie is dié 13-jarige ruiter tweede in Suid-Afrika gekeur in die 0/18 afdeling.

Die sleutel tot Walter se sukses word toegeskryf aan harde werk en ure se oefening.

Met die oog op 2018, sien Walter uit om sy hoërskoolloopbaan by Ermelo Hoërskool te begin en ook by hul perdryspan aan te sluit.

 

Foto deur CanterPix
Foto deur CanterPix

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button