Glen Aggy se gewilde velddraf vind dié naweek plaas
Laat inskrywers het steeds ’n kans om deel te neem wanneer Glen Aggy se velddraf dié naweek plaasvind.
Die tekkies kan maar nader staan – Glen Aggy se velddraf vind dié naweek, op 3 Oktober, plaas.
Met vier verskillende opsies op die program kan deelnemers die dag op hul eie tempo aanpak, van ’n rustige wandeling deur die natuur tot ’n 23 km-velddraf.
Die program sluit ’n 3 km-begeleide natuurwandeling en ’n 5 km-pretloop in, terwyl diegene wat ’n groter uitdaging soek die 10 km- of 23 km-velddraf kan aanpak.

Een van die nuwe toevoegings tot vanjaar se roete is ’n splinternuwe waterbrug.
Vir diegene wat eerder hul tyd wil neem en die omgewing teen ’n rustiger pas wil ervaar, bied die 3 km-begeleide natuurwandeling ’n alternatief vir die langer roetes.
Hoewel aanlyninskrywings op 30 September om middernag gesluit het, is dit nog nie te laat om deel te neem nie.
Volgens die Glen Aggy-organiseerders kan deelnemers môre tussen 15:00 en 16:30 registreer.

Registrasie is ook op die dag van die wedloop vanaf 05:00 tot 06:00 beskikbaar.
Die registrasieproses word met behulp van ’n QR-kode hanteer. Deelnemers kan die kode skandeer en die registrasieproses op hul selfone voltooi.
Of jy rustig wil stap, die 5 km-pretloop aanpak of jou tekkies vir een van die langer veldlope gereedkry, bied Glen Aggy se velddrafdag verskillende maniere om op 3 Oktober deel te neem.
Vir navrae kontak Konrad Munnik by 083 957 9741.



