Community galleries
Oud-Erries hou heerlik reünie in Tshwane
Die oud matrikulante van 1964 het die reünie by die huis Bert Bam in Tswane bygewoon.
ERMELO – Die reünie van die 1964 Errie-matrikulante op 2 November aan die huis van Bert Bam in Tshwane was ‘n groot sukses, en dit was veral opvallend hoe elke persoon wat daar was sy of haar eie weg in hul onderskeie velde gebaan het.

Die oudmatrikulante wat die reünie bygewoon het, was:
- Marie-Elize Goosen – Onderwyseres
- Izak ‘Mickey’ van Niekerk – Rekenaartegnoloog
- Bert Bam – Regter, hooggeregshof, Gauteng-afdeling
- Francois Pretorius – Siviele ingenieur en predikant
- Johan du Plessis – Onderwyser, skoolhoof
- Tersia van Aardt – Lugwaardin en administrasiebestuurder
- Hennie ‘Toppie’ de Wet – Onderwyser, skoolhoof en inspekteur van onderwys (wiskunde), bestuurder van die Rapport Onderwysfonds tot 31 Oktober
- Frans van der Vyver – Rekenmeester en besigheidsbestuurder
- Wilhelm Serfontein – Mediese dokter (algemene praktisyn)
- Bertie Uys – Boer, graad in landboukunde
- Philip Ginsberg SC – Praktiserende advokaat
- Vincent Cooke – Landdros
- Koos Venter – Elektriese ingenieur.
Volgens Bam was dit ‘n vrolike geleentheid wat almal, metgeselle ingesluit, besonder baie geniet het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



