GeneralLocal newsNewsSchools

EHS gedenk 100 jaar met besondere album

Volgende jaar is EHS 100 jaar oud. Een van die vele hoogtepunte op die Errie-kalender vir 2014 is die gedenkalbum wat vroeg volgende jaar beskikbaaar gaan wees. Die redaksie het reeds vroeg in die jaar begin beplan. Daar is nagelees, nageslaan, navorsing gedoen, gesels met oud-Erries, inligting is versamel en nóg nagelees. Almal wat aan …

Volgende jaar is EHS 100 jaar oud.

Een van die vele hoogtepunte op die Errie-kalender vir 2014 is die gedenkalbum wat vroeg volgende jaar beskikbaaar gaan wees.

Die redaksie het reeds vroeg in die jaar begin beplan. Daar is nagelees, nageslaan, navorsing gedoen, gesels met oud-Erries, inligting is versamel en nóg nagelees.

Almal wat aan dié projek saamgewerk het, het verstom gestaan voor hoe baie dinge oor die afgelope 100 jaar verander het. Ten spyte van al dié veranderinge het baie dinge ook dieselfde gebly

Die woord Tradisie het sin en betekenis gekry en almal het weereens besef watter ryke waarde dit tot die skool se geskiedenis toegevoeg het.

In die loop van 100 jaar was EHS geseën met nege skoolhoofde – elkeen gepas vir die tyd wat hy hier gedien en gewerk het.

’n Eeu se Errie-wees word in dié spesiale uitgawe saamgevat.

Die geskiedenis van die skool, in al sy fasette, staan hierin opgeteken en die skool se ontstaan, gebore uit die hart van die gemeenskap en gedryf deur die baie bekende kerkman, ds. Paul Nel.

Interessante staaltjies word aangehaal en sodoende kan dit behoue bly vir die nageslag. Interessant om te weet, is dat die eerste jaarblad van EHS eers in 1919 verskyn het. Daarna het ’n jaarlikse uitgawe die lig gesien tot en met 1930. Die dertigerjare was nie maklike jare nie. Dit was depressietye en daar was nie geld vir luukshede nie.

Eers in1939 het daar weer ’n jaarblad verskyn. Sederdertien verskyn die gewilde jaarblad jaarliks.

Die gedenkalbum sal in koffietafelboekformaat verskyn en sal dus groter as ’n gewone jaarblad en in volkleur op glanspapier gedruk wees.

Daar word slegs ’n beperkte opgawe gedruk. Plaas jou bestelling betyds om teleurstelling te voorkom.

Die gewone uitgawe met ’n hardeband-omslag kos R350 elk.

Dan word daar slegs 200 spesiale kopieë, gebind in egte leer met ’n spesifieke jaartal op die buiteblad, gedruk.

Daar sal byvoorbeeld net twee kopieë met die jaartal 1914 op die buiteblad en twee kopieë van 1915 tot en met 2014 gedruk word. Dié luukse uitgawes kos R1500 elk en is werklik uniek. Die inhoud van die boeke verskil geensins.

Die Gedenkalbum sal van 1 Maart 2014 by die skool en die Hoëvelder se kantore beskikbaar wees.

Bestellings kan nou reeds geplaas word. Skakel die feeskoõrdineerder, mnr. André du Preez, by 082 372 9456 of 017 811 5866/7 of besoek die EHS webwerf by www.erries.co.za en plaas jou bestelling direk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button