GeneralLocal newsNews

Getroue fikses beloon

Mirna’s Aerobic Studio het verlede Donderdag hul jaarafsluiting en prysuitdeling met ’n fantasiekostuumtema gevier. Lede is vir hul harde werk gedurende die jaar met sertifikate en pryse beloon. Die groot pryse van die aand is aan Melinda du Plessis en Leoni Prinsloo toegeken vir die “biggest losers”, bepaal deur ’n BMI-liggaams analise. Annaliza Mentz (Cruélla …

Mirna’s Aerobic Studio het verlede Donderdag hul jaarafsluiting en prysuitdeling met ’n fantasiekostuumtema gevier.

Lede is vir hul harde werk gedurende die jaar met sertifikate en pryse beloon.

Die groot pryse van die aand is aan Melinda du Plessis en Leoni Prinsloo toegeken vir die “biggest losers”, bepaal deur ’n BMI-liggaams analise. Annaliza Mentz (Cruélla de Ville) is as die wenner van die fantasiekostuum aangewys met Anita Bester (Mary Poppins) in die tweede plek aangewys.

Derde plek is gedeel deur Armand en Elmarie Le Roux (die Pikkewyne)) en Eben Leibbrandt (Fred Flintstone).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button