Editor's choiceGeneralLocal newsNews
Bloed in ruil vir vryheid
“Bekendes” en “berugtes is “in hegtenis geneem” en deur “Regter Sylvia Breytenbach” aangekla en gevonnis.
Die Ermelo Ladies Circle het verlede Vrydag hul Bloodmail for Ransom aangebied. Volgens ’n woordvoerder van die Ermelo Bloedbank het hulle hul doelwit om 111 eenhede bloed in te samel, oorskry.
’n Totaal van 147 eenhede bloed is deur die loop van die dag geskenk met agt mense wat later sou kom skenk.
“Bekendes” en “berugtes is “in hegtenis geneem” en deur “Regter Sylvia Breytenbach” aangekla en gevonnis.
Die fone het behoorlik gegons soos die “gevangenes” rondgebel het om mense te kry om te help om hul “borgtog” te betaal deur bloed te skenk.
Johan Pretorius en Jacques Strydom is die swaarste vonnisse van 20 eenhede bloed elk opgelê. Hulle het gesukkel om al die borgbloed bymekaar te maak en is kort voor sononder op “goeie gedrag” vrygelaat.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.