GeneralLocal newsNews

Gerespekteerde polisieman tree af

Hy is met verskeie toekennings van howe en vanuit polisiegeledere vir uitstekende ondersoekwerk vereer.

Speurder a/o. Dennis Mahoney, ’n bekende en gerespekteerde lid van die Ermelo Polisie se veediefstaleenheid, het ná ’n loopbaan van altesaam bykans 35 jaar besluit om uit te tree.

Kollegas en vriende het verlede Woensdag tydens ’n intieme geselligheid op paslike wyse van dié toegwyde polisieman afskeid geneem.

A/o. Mahoney het sy loopbaan in die polisiemag in 1973 as studente-konstabel begin en is ná sy basiese opleiding as konstabel op Standerton gestasioneer waar hy aanvanklik aan die sigbare polisiëringsforum-eenheid verbonde was en ook as leerling-speurder diens gedoen het. In dié tyd is hy tot ondersersant bevorder.

In 1979 het hy uit die polisiemag bedank en hom as myner by die Bossiespruit-myn by Secunda bekwaam.

A/o Mahoney het egter weer in April 1984 by die polisiemag aangesluit en is tot 1990 by die Perdekop-tak gestasioneer waar hy later tot stasiebevelvoerder bevorder is. Onder sy leierskap het die Standertonse Veediefstaleenheid tot stand gekom en in 2000 is hy na Ermelo verplaas waar hy tot en met sy aftrede as voorslag ondersoekbeampte gedien het.

Hy is met verskeie toekennings van howe en vanuit polisiegeledere vir uitstekende ondersoekwerk vereer.

A/o. Mahoney is van plan om sy aftrede te geniet en sal hom nou onder andere op sy geliefde stokperdjies, fietsry, tuinmaak en uitkamp, toespits.

Sy vrou, Ilse, werk by ’n bank op Ermelo.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button