CrimeNews

Man skuldig bevind aan aanranding

Ná vele emosie-belaaide verskynings in die hof is die saak uiteindelikafgehandel.

Mnr. Marius Jesias van Staden (39) is verlede Dinsdag in die distrikhof op Ermelo skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Hy is tot ’n boete van R3 000 of ses maande tronkstraf gevonnis, opgeskort vir drie jaar.

Die saak spruit uit ’n voorval in Maart vanjaar toe Van Staden sy vrou aangerand het deur haar kop agteroor te ruk en haar met ’n oop hand te slaan. Sy het teen ’n kas geval en op die vloer beland. Hy het haar ook in sy voertuig probeer indwing waartydens sy verdere beserings opgedoen het.

Ná vele emosie-belaaide verskynings in die hof is die saak uiteindelikafgehandel.

“Dit is een van vele voorvalle daagliks in ons land en met die huidige 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders, word ’n versoek gerig aan almal wat onder aanrandings deurloop, om na vore te kom. Geen mens verdien om aangerand te word nie.

Die vonnis moet ook dien as ’n waarskuwing aan vroueslaners dat hulle die gevolge sal moet dra,” het ’n polisie-beampte wat met die saak gemoeid was, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button