CrimeNews

Rowers wond afleweraar

Die rowers het die kluis vol kontant wat in die afleweringsvoertuig was geneem en weggejaag

’n Man wat besig was met aflewerings in Chris de Villiersstraat in die nywerheidsgebied is Woensdag, 27 November in die been gewond en van bykans R21 000 beroof.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Carla Prinsloo, het drie mans in ’n bakkie omstreeks 2nm skuins agter die afleweringsvoertuig parkeer, twee van die mans het uitgeklim en die man wat aflewerings gedoen het, in die regterbeen geskiet.

Die rowers het die kluis vol kontant wat in die afleweringsvoertuig was geneem en weggejaag. Die voertuig waarin die rowers gery het, is ’n halfuur later verlate in Wesselton gevind.

Enige inligting rakende die voorval kan aan ao. A.Z. Phiri by 017 819 2321 gegee word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button