GeneralLocal newsNews
Tot siens, Elizma
Hulle het sowat 100 papierlanterns in die parkeerterrein voor die salon waar sy gewerk het aangesteek en die hemelruim ingestuur

’n Groot groep vriende, kennisse en kliënte van Elizma Geldenhuys, die 24-jarige haarkapster wat op 11 Januarie in ’n motorongeluk dood is, het verlede Donderdagaand op roerende wyse van dié geliefde jongmens afskeid geneem.
Hulle het sowat 100 papierlanterns in die parkeerterrein voor die salon waar sy gewerk het aangesteek en die hemelruim ingestuur.
Elizma se ouers, Theo en Salome, asook haar susters, Charine en Simoné, het ook die afskeidsplegtigheid bygewoon.
“Die simboliese gebaar van die lanterns wat opstyg, het vir ons ’n mate van berusting gebring. Hoewel ons haar graag nog hier by ons wou gehad het, weet ons sy is deur ’n Hoër Gesag geroep. Daarom moet ons haar gees laat gaan,” het ’n vriendin gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.