CrimeNews

Vrou vir bedrog vasgetrek

Bankpersoneel het onraad vermoed en die polisie in kennis gestel.

’n 45-jarige Gautengse vrou, Susanna Elizabeth Harmse, is op 13 Desember op die perseel van ’n plaaslike bank op ’n aanklag van bedrog in hegtenis geneem.

Sy het op 13 en 19 Desember in die hof op Ermelo verskyn en die saak is tot 5 Februarie uitgestel.

Harmse se inhegtenisname het gevolg nadat bankpersoneel gewaarsku is om op die uitkyk te wees vir iemand wat moontlik kredietkaartbedrog wou pleeg.

Volgens die polisiewoordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het Harmse vanuit Gauteng oor die Internet aansoek gedoen vir ’n kredietkaart en ’n adres in Ermelo verskaf vir die ontvangs van die kaart. Vervalste inligting is in die aansoek verskaf en vervalste dokumente is by lewering van die kaart voorgelê.

Bankpersoneel het onraad vermoed en die polisie in kennis gestel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button