CrimeNews

Verkragter kry swaar vonnis

die minderjariges kon nie die presiese datum onthou wanneer hul ontberings in 2012 begin het nie.

Jabulani Vincent Nkosi (30) is verlede Dinsdag in die streekhof op Ermelo deur streeklanddros S. Hallatt tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis op ’n klag van verkragting en ’n verdere 10 jaar en vyf jaar afsonderlik op twee aanklagtes van poging tot verkragting.

Die tweede en derde vonnisse is samelopend met die vonnis van 25 jaar.

Die saak is deur die polisie se Gesins- en Kinderbeskermingseenheid aanhangig gemaak nadat dit aan die lig gekom het dat die man twee minderjarige seuns van 10 en 11 jaar by verskeie geleenthede tussen 2012 en April 2013 verkrag en gesodomiseer het.

Die polisie se woordvoerder op Ermelo, kapt. Carla Prinsloo, het gesê die minderjariges kon nie die presiese datum onthou wanneer hul ontberings in 2012 begin het nie.

Die eerste keer was toe die man die kinders gevra het om sy selfoon se battery in sy huis in Uitbreiding 33 te herlaai. Toe die kinders by die huis ingegaan het, het Nkosi hulle agtervolg, die deur gesluit en hulle verkrag. Daarna het hy hulle by verskeie geleenthede seksueel aangerand.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button