Maak ’n verskil in ’n seeman se lewe
aanwesiges was in trane by die aanhoor van ware stories oor seemanne wat by Suid-Afrika se hawens aandoen en nog nooit ‘n Bybel van hulle eie gehad het nie.

Die Christelike Seemansorganisasie (CSO) onder leiding van dr. Eleanor Weideman, het Sondag die Hervormde kerke in Ermelo besoek as deel van ’n landwye veldtog om die organisasie bekend te stel.
Die bekende kunstenaars Rina Hugo en Jammies Jamneck vorm deel van die span wat al meer as 240 gemeentes besoek het.
Eleanor het meer oor die CSO vertel en het van die aanwesiges was in trane by die aanhoor van ware stories oor seemanne wat by Suid-Afrika se hawens aandoen en nog nooit ‘n Bybel van hulle eie gehad het nie.
Sy het ook tragiese stories vertel van armoede en hoe die seemanne deur die eienaars van skepe uitgebuit word.
Vir sommige skeepseienaars is die seemanne net ’n bron van inkomste. Dis dan vir hulle só wonderlik as iemand vir hulle vertel dat hulle vir God mense is wat Hy liefhet en op hul name ken en van Jesus, die enigste Verlosser.
“Ná die CSO se besoek aan ons, kyk ons anders na elke skip wat ons land aandoen. Selfs ons wat ver van die see af woon, kan ’n rol speel om die liefde van God met hulle te deel,” het dr. Piet van Zyl, leraar van die Hervormde Moedergemeente, gesê.
Daar is veral drie projekte waarby mense betrokke kan raak: maandelikse donasies, die brei of hekel van musse en serpe vir seemanne of seënpakkies vir seemanne wat artikels insluit soos tandepasta, seep en ander badkamerbenodighede.
Mense wat meer inligting verlang of betrokke wil raak, kan dr. Van Zyl by 017 811 2434 skakel.