CrimeNews

Man wat steel en vrou aanrand swaar gestraf

Bestuurspersoneel van Acsu was toevallig in die gebied en die vlei is omsingel. Smiles is kort daarna aangekeer.

Zwelihle France Smiles (23) is verlede Dinsdag in die streekhof op Ermelo skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede en tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis.

Die saak spruit uit ’n voorval op 13 Desember verlede jaar naby die Ermelo Mediclinic toe Smiles me. René van As met ’n voorarm omgestamp en haar met ’n vuis in die gesig en op haar lyf geslaan het, terwyl sy op die grond gelê het.

Hy het daarna haar beursie gegryp en in die rigting van Mauritz Readstraat weggehardloop.

’n Motoris, me. Christa Marx, het me. Van As te hulp gesnel, haar in haar motor opgelaai en Smiles agterna gesit.

Smiles het in die vlei tussen Mauritz Read- en Pres. Fouchéstraat weggekruip.

Me. Marx het die aandag van verbygaande motoriste getrek en hulle beduie om te help.

Bestuurspersoneel van Acsu was toevallig in die gebied en die vlei is omsingel. Smiles is kort daarna aangekeer.

Me. Van As se beursie en bankkaarte is onder ’n boom in die vlei teruggevind, maar ’n bedrag kontant was weg.

’n Hemp wat Smiles tydens die voorval gedra het, is ook in die vlei gevind.

’ n Erg getraumatiseerde me. Van As is kort ná die voorval vir beserings aan haar mond en gesig behandel.

Tydens ’n vroeër hofverskyning het dit aan die lig gekom dat Smiles drie vorige veroordelings vir huisbraak en diefstal gehad het.

Hy het egter versuim om die hof van dié veroordelings in te lig. Toe hy hieroor uitgevra is, het hy beweer dat hy nie daarvan kon onthou nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button