Local newsMunicipalNews

AfriForum veg vir geregtigheid

In ’n mediaverklaring het die burgerregte-organisasie AfriForum bevestig dat hulle onlangs ’n in-diepte analise gedoen het op die werksaamhede van die Msukaligwa Munisipaliteit.

In ’n mediaverklaring het die burgerregte-organisasie AfriForum bevestig dat hulle onlangs ’n in-diepte analise gedoen het op die werksaamhede van die Msukaligwa Munisipaliteit.

Hulle het bevind dat daar meer tekortkominge is as waarvan mense bewus is, en dat basiese dokumentasie en regulasies nie op standaard is om behoorlike dienste te kan lewer nie.

Volgens AfriForum se provinsiale koördineerder vir Mpumalanga, Ruan Lottering, is die grootste bekommernis dat daar nie verordeninge is op elektrisiteit en skuldinvordering nie, wat op ’n regsgrond geen wetlike raamwerk bied vir die munisipaliteit om elektrisiteit af te sit op uitstaande rekenings nie.

“Die nuwe meters in die dorp wat op verbruikers afgedwing is, is ook onwettig gedoen.

Al die bevindings dui op die Msukaligwa Munisipaliteit se onvermoë om die munisipaliteit op ’n wetlike, etiese en aanvaarbare wyse te bestuur.

Dit wil voorkom of die munisipaliteit ’n politieke agenda najaag, eerder as een van dienslewering. Te veel ongekwalifiseerde en onbevoegde persone word aangestel wat nie die gemeenskap se belange op die hart dra nie,” het Lottering gesê.

AfriForum moedig na aanleiding van die bevindings, hulle lede aan om dit by hul naaste AfriForum-tak aan te meld as elektrisiteit sonder rede afgesny word.

Volgens mnr. Lottering is AfriForum  besig met regstappe teen die munisipaliteit oor onder meer die meterstelsel en besoedeling, en ondersoek hulle wanbesteding binne die munisipaliteit.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button