Sport
Ermelo Stoeiklub gereed om 5de MSV Toernooi aan te bied
Ermelo Stoeiklub bring op 12 September stoei-aksie na die Sport Inn wanneer die 5de MSV Pumatjies Toernooi plaasvind.

Stoei-entoesiaste en die gemeenskap van Ermelo kan gereed maak vir ’n aksiebelaaide dag, met Ermelo Stoeiklub wat op 12 September, die 5de MSV Pumatjies Toernooi aanbied.
Die geleentheid vind plaas by die Sport Inn in 43 Wesstraat, en beloof ‘n dag propvol stoei-aksie.
Die toernooi sal verskeie dissiplines aanbied, insluitend:
• Noordvaal Proewe
• MSV Stoei
• Pumatjie Stoei
Die Ermelo Stoeiklub nooi die gemeenskap om die dag vol intense kompetisie te ervaar en die talentvolle stoeiers van ons dorp te ondersteun.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



