Brugtema lewer treffende wenfoto’s
Brûe het dié maand die Ermelo Fotoklub se fotograwe geïnspireer. Kyla Eksteen en Leon Drotsky se wenfoto’s het dié tema op besondere maniere vasgevang.
ERMELO – Die Ermelo Fotoklub het hul maandelikse byeenkoms op 4 September aangebied.
In die 1 Ster-kategorie is Arita Crous aangewys as wenner vir haar foto, “Citrus Poppies”.
Este Kapp het die 2 Ster-kategorie gewen met haar foto, “Naartjie”.
Judy Cronje is as wenner in die 3 Ster-kategorie aangewys vir haar foto, “Safe Haven”, wat ook as die algehele junior wenner aangewys is.
In die 5-sterafdeling is Jacques Kruger se foto, “Fancy Bas”, as wenner aangewys.
Kruger se foto was ook die algehele senior wenner.
Die vasgestelde onderwerp vir die maand was “Brûe” en die fotograwe het die tema op verskillende kreatiewe maniere vasgevang.
Kyla Eksteen is as junior wenner aangewys vir haar foto, “Reflections of Time”, terwyl Leon Drotsky die senior afdeling gewen het met sy foto, “Erasmus Bridge”.
Die groep se volgende byeenkoms is op 9 Oktober.




