Local newsNews

Kleine kalfies wals in woonbuurt

Vir inwoners in die omgewing van die vleiland tussen Mauritz Read en President Fouchéstrate is die gesig van beeste wat die woonbuurt invaar om te wei nie ongewoon nie.

 

Vir inwoners in die omgewing van die vleiland tussen Mauritz Read en President Fouchéstrate is die gesig van beeste wat die woonbuurt  invaar om te wei nie ongewoon nie.

Van die inwoners is egter moedeloos aangesien die beeste blomme en struike op sypadadjies en in oop tuine vreet.

Die beeste word vermoedelik deur inwoners van informele nedersettings suid van die dorp aangehou en word gereeld na groener weivelde aangejaag.

Volgens ’n woordvoerder van Acsu word rondloper beeste gereeld geskut. ’n Skutfooi moet deur die eienaar betaal moet word alvorens die beeste terugbesorg word.

Dit dien blykbaar nie as ’n afskrik middel nie en die kalfies en beeste wals ongestoord voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button