Local newsNews

Rowers nog op vrye voet

Twee swaar gewapende mans het Maandagoggend ’n gepantserde geldwa voor die Absa-gebou in De Clerqstraat ingewag.

Twee swaar gewapende mans het Maandagoggend ’n gepantserde geldwa voor die Absa-gebou in De Clerqstraat ingewag.

Volgens polisiewoordvoerder kapt. Carla Prinsloo het ’n oor-en-weer skietery tussen die booswigte en die twee geldwawagte uitgebreek.

Een van die wagte het ligte beserings in sy gesig opgedoen tydens ’n gestoeiery met een van die booswigte wat sy hand-vuurwapen wou afneem.

Die wagte wat reeds ander kaste geld by verskillende banke gedeponeer het, het slegs een kas geld in die wa gehad.

Die rowers het ’n trommel met ’n onbekende bedrag geld daarin en een van die wagte se vuurwapens gebuit.

Na bewering het die twee mans in ’n rooi BMW met ’n GP-registrasie in die rigting van Piet Retief weggejaag.

Polisie waarsku die publiek om versigtig te wees, aangesien die mans baie swaar gewapen is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button