Top tien Afrikaans artikels van 2014
Kyk gerus hier na ons top tien artikels van 2014.

Om die volledige artikels te lees, kliek op die opskrifte
Ons gaan jou mis mnr Bok
Ds. André Vermeulen lei die opening in die ouditorium en bring hulde aan die Erries se hoof, mnr. Bok Martins is onverwags oorlede.
Jabu en die towertante
Jabu Ndamase-Phillips, ’n gr.12-leerder by HTS Ligbron, se storie is ’n ware feëverhaal met haar as Aspoestertjie wat prinses word en Renette Rautenbach as die towertante.
Jong ma sterf skielik
Anna Dorethia Potgieter, beter bekend as Dorothy, ’n 28-jarige ma van twee kleuters, is skielik aan natuurlike oorsake dood.
Boere ly miljoene rande se skade
Boere in die Ermelo omgewing het miljoene Rande skade gely toe weghol brande op verskeie plase gewoed het.
Jayden bid vir meneer
Laerskool JJ van der Merwe het ’n muntlegging gehou ten bate van Jayden Crouwkamp, ’n gr. 1-leerder by dié skool.
Jayden verloor stryd teen kanker
Jayden Crouwcamp (8) het sy moedige stryd teen kanker verloor.
Die Hoëvelder het die eerste keer in April vanjaar oor dié siek seuntjie berig.
Gemeenskap geruk deur plaasmoord
’n Bekende boer van die plaas De Emigratie naby Ermelo, mnr. JR Bührmann (77), is dood in sy plaashuis aangetref.
Man sy bene kwyt
Ná die verskyning van die voorbladberig “Hospital Shocker” (Hoëvelder 17 Februarie) het nog mense na vore gekom met verhale van beweerde nalatigheid en haglike toestande in die Ermelo Provinsiale Hospitaal.
Wonderwerke gebeur nog
Mnr. Petrus von Wielligh is ná meer as twee maande in ’n Johannesburgse hospitaal eindelik terug op sy plaas Drinkwater buite Ermelo.
Borrelende lag is stil
Dié 24-jarige haarkapper is dood nadat die voertuig waarin sy en haar vriend, Kobus Basson, gereis het in ’n botsing met ’n ander motor buite Ermelo op die pad na Piet Retief betrokke was.












