Local newsNews

Inwoners gasvry onthaal

Die SAVF-Huis se jaarlikse Kersonthaal wat die jaar se hoogtepunt vir die inwoners is, het verlede Donderdag plaasgevind.

Die SAVF-Huis se jaarlikse Kersonthaal wat die jaar se hoogtepunt vir die inwoners is, het verlede Donderdag plaasgevind.

Saam met ’n aantal eregaste het hulle in die eetsaal wat vir die geleentheid paslik versier was, by die keurig gedekte tafels aangesit.

Voordat behoorlik aan die smaaklike koue ete weggelê is, het die tehuis se voorsitter, me. Hannie Smith, almal verwelkom en die tafelgebed gedoen.

Aan die einde van die verrigtinge wat Deirdré de Bruyn en haar sewejarige broertjie DJ met sang en musiek opgehelder het, het almal “oorversadig” huiswaarts gekeer, elkeen met ’n Kerskoek wat ’n anonieme weldoener geskenk het. (CK)

M1F1 (Small)

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button