Local newsNews

Skoukomitee hou jaarvergadering

Die Ermelo-skoukomitee het verlede Woensdagaand hul algemene jaarvergadering gehou.

Die Ermelo-skoukomitee het verlede Woensdagaand hul algemene jaarvergadering gehou.

Met ’n terugblik op 2014 het die voorsitter, mnr. Willie Jacobsz, al die lede bedank vir hul bydrae en harde werk die afgelope jaar.

Reëlings vir volgende jaar se skou is reeds onderweg en die kunstenaars is al bespreek.

Skougangers sal saans vermaak word deur Dr Victor en die Rasta Rebels, Elizma Theron, Dewald Wasserfall, Ampie du Preez en Karlien van Jaarsveld.

DJ Skuim, Ricco die nar, Charne Grabie, Mona-Lee Gerber, Shoneill, Cool en Org le Roux sal sorg vir vermaak gedurende die dag.

Die komitee is baie opgewonde oor volgende jaar se skou en sien uit na die uitdagings wat voorlê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button