CrimeNews

Boere trek vermeende voertuigdiewe vas

Die voertuig is teruggevind. Twee mense is aangekeer en aan die polisie oorhandig.

 

 

Twee vermeende voertuigdiewe is Saterdagoggend deur nagenoeg 70 boere vasgetrek nadat ’n Toyota Landcruiser van mnr. Fanus Stapelberg in die Panbult-omgewing gesteel is.

Die voertuig is teruggevind. Twee mense is aangekeer en aan die polisie oorhandig.

Volgens mnr. Henry Geldenhuys, voorsitter van Veiligheid TLUSA, het lede van Sheepmoor en Piet Retief se plaaswagte vinnig op ’n noodroep gereageer en saamgespan om die diewe vas te trek.

Omstreeks 04:00 het mnr. Stapelberg alarm gemaak toe hy ontdek het dat ’n hek op sy werf oopgebreek is. ’n Onbekende aantal mans was besig om die bakkie te steel.

Die diewe is minute later deur die boere voorgekeer, maar het die bosse ingevlug.

Die plantasie is met nagenoeg 60 voertuie omsingel en daar is met skietlampe na die diewe gesoek. Met ligdag het die boere die plantasie inbeweeg en twee vermeende diewe aangekeer. Daar word nog na ’n derde verdagte gesoek wat moontlik met ’n Rooi Tazz of Mazda 323 ry.

Mnr. Geldenhuys het lede van die onderskeie plaaswagte geloof vir hul vinnige optrede en hulle bedank vir hul bereidwilligheid om hulp te verleen.

“Dit stuur ’n duidelike boodskap dat boere nou regtig keelvol is vir misdaad en bereid is om saam te staan om die booswigte aan die pen te laat ry,” het hy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button