CrimeNews

Dagga in aartappelskyfiepakkies versteek

Smokkelaars probeer op allerhande maniere om dagga en dwelms deur die Nerston grenspos te smokkel.

Wakker optrede deur polisielede op die Nerston-grenspos het daartoe gelei dat nóg daggasmokkelaars hul rieme styf geloop het.
In die eerste voorval was ‘n polisielid, konst. Mofokeng, verlede Woensdag besig met ‘n roetine-ondersoek van ‘n voertuig wat van Swaziland na Suid-Afrika deurgekom het toe hy onraad vermoed het.
Hy het die spaarwiel van die 4×4-voertuig afgehaal en gevoel iets in die buiteband beweeg.

By nadere ondersoek is daar ontdek dat die onderkant van die voertuig met valse panele toegerus was waarin ‘n aantal pakkies dagga versteek was en pakkies dagga is ook binne die spaarwiel gevind.
Altesaam 12,98 kg dagga is in die voertuig gevind.
Twee mense het in verband met die voorval in die hof op Amsterdam verskyn.
In ‘n tweede voorval is ‘n man in hegtenis geneem toe hy probeer het om dagga wat in aartappelskyfiepakkies versteek was oor die grens te smokkel.
Die verdagte het te voet deur doeane beweeg met ‘n drasak waarin verskeie soorte “aartappelskyfies” verpak was. Konsts Ngozo en Mtshali het onraad vermoed toe die geseëlde pakkies swaarder geweeg het as die aangeduide gewig op die pakkies.
Altesaam 1,873 kg ‘knypies’ dagga is in die pakkies ontdek.

 

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button