CrimeGeneralLocal newsNews
Vragmotorbestuurder in skietvoorval
’n Swaarvragmotormotor-bestuurder is gewond en sy vragmotor aan die brand gesteek.

Die voorval het gisteraand omstreeks 21:00 in Havengaweg in die industriële-gebied gebeur.
Volgens ooggetuies het ’n persoon agter op die vragmotor gespring toe die bestuurder by die treinspoor stilgehou het, hy het toe ’n paar meter verder stilgehou om ondersoek in te stel, toe twee gewapende mans glo drie skote na hom geskied het en wat vermoedelik ’n petrolbom was na die vragmotor geslinger het.
Bystaanders het die vragmotorbestuurder gehelp en die vuur begin blus.
Die bestuurder het vermoedelik twee skietwonde in sy bene opgedoen en is na die hospitaal gehaas. rede vir die voorval is nog nie bekend nie.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.