SAVF vier Week vir Bejaardes
Inwoners van die SAVF-Huis vir Bejaardes, Ermelo is verlede week bederf ter viering van die Week vir Bejaardes.

Inwoners van die SAVF-Huis vir Bejaardes, Ermelo is verlede week deur die bestuur en personeel bederf met heerlike koek en tee ter viering van die Week vir Bejaardes.
Vrydagoggend het Tuiskoop se personeel ook ingeloer met lekker eetgoed.
Louise van der Merwe, bestuurder, het ‘n spesiale woord van dank uitgespreek aan elkeen wat bygedra het tot die bederf en al die onbaatsugtige liefde van die gemeenskap aan die seniors.
Sy bedank ook graag vir Mientie Goslin wat al die reëlings getref het.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590


















