
|
‘n Welkome reënbui het laatmiddag in Ermelo uitgesak.
In ‘n kort tyd is tot 50mm reën op plekke in die dorp gemeet.
Inwoners van die nuwe uitbreiding Khayalitsha kon egter nie na hul huise terugkeer nie.
Met water wat hul grondpaadjie wat ‘n laagwaterbrug kruis oorstroom het, is hulle albei kante vasgekeer.
Desperaat om na sy huis te keer, het ‘n man probeer om te voet deur die water na die anderkant te stap.
Gestrande inwoners moes hard met die man praat om hom te oorreed om om te draai.
Stuur vir ons julle reenfotos en laat weet ons hoeveel millimeter reen julle tot dusver gemeet het.
|
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!




