
Dié Pienk 1275cc Mini Cooper het verseker baie aandag getrek met sy rit deur die dorp.
Gelukkig vir die Hoëvelderspan het dié klein gevaarte skielik “dors geword” reg voor hul kantore en kon hulle meer uitvind oor die besonderse karretjie.
Eienaar, Gerrie de Jager vertel dat die karretjie kleiner is as die van “Ripley’s” en vertel dat hulle die inligting vir vir “Ripleys” aangestuur het en hoop dat hulle binnekort die karretjie sal kom meet.
Die karretjie het glo ook al 110km/h op die snelweg behaal definitief nie iets wat in enige ou se broek sit nie.
Die karretjie is uitgerus met ’n kattebak, sleepstang, ’n groot blink “opwensleutel” wat draai as hy ry en is padwaardig.
Gerrie vertel dat hy binnkort die karretjie bloedrooi gaan verf en die gemeenskap moet gedurende die vakansie uitkyk vir hulle wanneer hulle met kersvader op ’n sleepwa deur Ermelo sal ry.
Gerrie het groot planne vir die kar en beplan om hom uit te huur vir spesiale geleenthede.
Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.
Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder
”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.
Vir nuus na jou selfoon:
BBM – 2667A726
WhatsApp – 0748877590

















