Local newsNews

Tuinbou-voorsitter groet

Die klub was vir haar ’n groot leerskool en oor die jare heen het sy baie mense leer ken en ongelooflik baie oor tuinbou geleer.

Die voorsitter van Ermelo Tuinbouklub, Estelle Vermaak, lê die tuig neer.

Sy het die amp twee jaar beklee, maar kan weens werksdruk nie voortgaan nie.

Estelle is sedert 2012 ’n lid van dié klub. Sy vertel dat sy 37 jaar by Eskom gewerk het waar haar lewe bestaan het uit vroegoggend uitry Camden toe en op pad huis toe ’n draai by die supermark maak. Sodoende het sy nie met veel mense in aanraking gekom nie.

Dis toe dat sy besef het dat sy deel wou wees van die Tuinbouklub nadat sy die maandelikse beriggies in die koerant gelees het oor die klub se doen en late.

Die klub was vir haar ’n groot leerskool en oor die jare heen het sy baie mense leer ken en ongelooflik baie oor tuinbou geleer.

Onder haar voorsitterskap het die Tuinbouklub ook verskeie geldinsamelingsprojekte vir onder meer die SAVF-Huis vir bejaardes en Mooihawens gehou.

Sy het ook gereeld op Radio Ermelo oor tuinbou gesels.

Estelle vertel van wyle Gretchen Celliers, een van Ermelo Tuinbouklub se stigters, wat die eerste persoon was wat haar by die klub verwelkom het en haar onder haar vlerk geneem het.

Estelle beskryf die voorreg om Gretchen te vereer deur ’n mosaïek-kruis teen ’n boom naby haar graf op hul familieplaas op te rig, as haar tuinbou-hoogtepunt.

Haar wens is dat die klub steeds sal groei en sy wens haar opvolger alle sterkte toe. Sy hoop om steeds klubvergaderings by te woon waar moontlik.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button