Local newsNews

Skou bied baie vir perdeliefhebbers

Perdeliefhebbers kan dié jaar weer uitsien na ‘n vol program op die hoofarena. Die teelklasse se beoordeling begin om 08:00 op Donderdag, 3 Maart. In dié klasse sal sal die rasse gesamentlik en nie afsonderlik nie beoordeel word. Kom kyk gerus na topgehalte ruiterkuns en sien hoe ‘n kampioen-hings en -merrie moet lyk. Nog ‘n …

Perdeliefhebbers kan dié jaar weer uitsien na ‘n vol program op die hoofarena.

Die teelklasse se beoordeling begin om 08:00 op Donderdag, 3 Maart. In dié klasse sal sal die rasse gesamentlik en nie afsonderlik nie beoordeel word.

Kom kyk gerus na topgehalte ruiterkuns en sien hoe ‘n kampioen-hings en -merrie moet lyk.

Nog ‘n hoogtepunt Donderdag is die laaste klas vir die dag: die kostuumklas.

Enige persoon kan inskryf teen slegs R50 vir die pret waar ruiters hul perde tooi self volgens ‘n tema (hul eie keuse) aantrek.

Die item vind altyd groot byval by die toeskouers en elke jaar kom die deelnemers met oorspronklike idees vorendag.
Inskrywings vir die kostuumklas sluit op 21 Februarie en R100 sal betaal- baar wees vir enige laat inskrywings.
Vrydag sal daar deurgaans beoordeling plaasvind en vir die beginners (0/6) word ‘n leiklas teen R50 aangebied.

Die perde-afdeling sluit Vrydagmiddag af wanneer die beoordelaars die Perd van die Skou aanwys.

Vir inskrywings of enige navrae, skakel Talana Möller by 082 563 7737 of die skoukantoor by 071 691 7747.

Toegangsgeld is dié jaar ver-laag en volwassenses kan vermaak uit die boonste rakke vir slegs R50 per dag geniet.
Skoolgaande kinders betaal R30 per dag en skoolgroepe (Donderdag en Vrydag) R20 per kind.

Pensioenarisse (65+) en voorskoolse kinders se toegang is gratis.

Pensioenarisse moet bewys van ouderdom lewer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button