Local newsNews

Jong boer maak ’n plan

Toe die tyd aanbreek om wintervoer vir sy skape te plant en met 'n bankbalans wat nie vir 'n nuwe planter voorsiening gemaak het nie, het Jonathan besluit om sy eie planter te bou.

Die fynsaadplanter wat Jonathan een Desemberskoolvakansie uit afvalmateriaal gebou het.
Die fynsaadplanter wat Jonathan een Desemberskoolvakansie uit afvalmateriaal gebou het.

Jonathan Fourie, ‘n gr. 12-leerder van Hoërskool Ermelo, het ‘n fynsaadplanter van ou ysters en tweedehandse bakke wat hy op ‘n veiling gekoop het, in ‘n Desemberskoolvakansie self aanmekaar gesit.

Toe die tyd aanbreek om wintervoer vir sy skape te plant en met ‘n bankbalans wat nie vir ‘n nuwe planter voorsiening gemaak het nie, het Jonathan besluit om sy eie planter te bou.

Jonathan het na verskeie planters gekyk om te sien hoe hulle gebou is. Nadat hy alles van ratgroottes tot die besluit om die trekker se hystoestel te benut (in plaas van hidroulika soos wat in ander planters gebruik word) noukeurig uitgewerk het, het hy begin bou.

Gifbakke van ‘n ou 1-reeks John Deere, ou ysterpype wat met hoekyster oorgetrek is en selfs tweedehandse trampolienvere, om net ‘n paar te noem, is noukeurig en kundig deur Jonathan aanmekaar gesit sodat hy weiding vir sy sowat 100 Vleismerino-ooie kon aanplant.

Die fynsaadplanter wat twee jaar gelede in ‘n vakansie gebou is, het sedertdien sowat 30 ha weiding geplant.

Jonathan is glo van kleins af lief vir timmer en afgesien van sy eerste liefde, die boerdery, hengel hy graag, geniet die buitelewe en is baie lief vir diere.

Hy beplan om ná skool verder te studeer om sy graad in Veekunde te verwerf en sodoende sy droom om voluit te boer, te bewaarheid.

 

 

Vir meer nuus besoek gerus ons ander webblaaie.

Ridge Times, Standerton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 2667A726

WhatsApp – 0748877590

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button