Drie beseer in middernagtelike botsing
'n 16-jarige jeugdige is ná die ongeluk in hegtenis geneem en later in die sorg van sy ouers vrygelaat.
Die bestuurder van ‘n groen VW Golf en twee vroulike passasiers is Sondag ernstig beseer in ‘n botsing in die middernagtelike ure naby die Ermelo Provinsiale Hospitaal.
Die bestuurder van ‘n ander voertuig, ‘n wit VW Golf, is minder ernstig beseer en sy passasier is ongedeerd.
Na bewering het die bestuurder van ‘n wit VW Golf ‘n U-draai met sy voertuig gemaak en voor die aankomende voertuig beland.
‘n 16-jarige jeugdige is ná die ongeluk in hegtenis geneem en later in die sorg van sy ouers vrygelaat.
Die polisie ondersoek ‘n saak van roekelose en nalatige bestuur, bestuur onder die invloed van drank en bestuur sonder ‘n wettige bestuurderslisensie.




