Local newsNews

Annebel vier vyf jaar van omgee

Annebel sorg vandag dat 36 dogters die voorreg het om die mooi dinge van dogter-wees te leer en regte jong dames te word.

Annebel, Ermelo het Saterdag hul vyfde verjaarsdag by die Volle Evangelie Kerk gevier.

Op dié dag, presies vyf jaar gelede, het hulle hul eerste vier maandpakkies uitgedeel.

Meer as ‘n 1000 pakkies later, sorg Annebel vandag dat 36 dogters die voorreg het om die mooi dinge van dogter-wees te leer en regte jong dames te word.

Tydens die geleentheid het van die dogters dank en waardering teenoor Annebel se “tannies” uitgespreek.

‘n Witstinkhoutboom is in die kerk se tuin geplant en sy skadu sal as monument dien vir die eerste vyf jaar wat die Here na hulle omgesien het.

Daarna is daar saam feesgevier en gekuier om tafels met wafels en ander lekkernye.

Die organiseerders, Saretha Ferns, Mandri Olivier en Lynn Roux, het ook die susters van die Volle Evangelie Kerk wat die projek dryf, bedank vir die verskil wat hulle in die laaste vyf jaar in die dogters se lewens gemaak het.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button