Local newsNews

Oom Gerrie sterf

Oom Gerrie Halgreen, van 1996 tot 2007 werksaam by EHS, is Maandag, 18 April op die ouderdom van 74 jaar oorlede.

Oom Gerrie Halgreen, van 1996 tot 2007 werksaam by EHS, is Maandag, 18 April in die ouderdom van 74 jaar oorlede.

Die personeel van EHS onthou hom as ‘n man wie se werk sy trots was en vir al die Erries, ouers en onnies van sy dienstyd was hy bekend as oom Gerrie – geliefd, vriendelik en altyd bereid om te help.

Hy en sy vrou, tannie Ria, wat ook al oorlede is, was ‘n span, sy as matrone by die dogterskoshuis en hy as die skool se faktotum.

Oom Gerrie laat vier kinders en sewe kleinkinders agter.

Die Erries was ook húlle kinders en om ekstra ure te werk en die ekstra myl te loop vir die EHS en sy mense, was nooit vir hulle ‘n probleem nie.

Die Erries is dankbaar vir al die jare wat hy betrokke was by die EHS en eer sy nagedagtenis.

Hulle betuig ook hul diepe meegevoel met sy kinders en kleinkinders en bid dat hulle in dié tyd ons Hemelse Vader se troos en teenwoordigheid sal ervaar.

Die begrafnisdiens vir oom Gerrie sal Donderdag, 28 April in die NG Moeder-
gemeente deur ds. Jaco van Niekerk gelei word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button