Local newsNews

Corrie Vermaak ná kort siekbed oorlede

Hy was van 1966 tot 1988 aan die afslaersfirma Vleissentraal verbonde en het sedertdien sy eie onderneming as eisebemiddelaar bedryf.

Corrie Vermaak, ‘n jarelange inwoner van Ermelo en ‘n bekende in die afslaers- en versekeringsbedryf, is Woensdag 8 Junie ná ‘n kort siekbed op die ouderdom van 84 oorlede.

Hy was van 1966 tot 1988 aan die afslaersfirma Vleissentraal verbonde en het sedertdien sy eie onderneming as eisebemiddelaar bedryf.

Corrie was bekend in rugbykringe waar hy hom as skeidsregter bekwaam het. Hy was ook lid van Ermelo Gholfklub en die plaaslike rolbalklub.

Hy sal egter met deernis onthou word vir sy aktiewe lidmaatskap aan die plaaslike Phoenix Rotariër-tak waar hy en sy vrou, Cecile, vir meer as 30 jaar betrokke was om groepe senior burgers op uitstappies na die Kruger Nasionale Park te neem.

Corrie laat sy vrou, met wie hy 62 jaar en agt maande getroud was, asook twee seuns, André en Jan, skoondogteLettie, vier kleinkinders en drie agterkleinkinders agter.

‘n Roudiens vir Corrie het Woensdag 15 Junie in die NG Kerk Ermelo Moedergemeente plaasgevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button