Local newsNews

Ermeloërs bloei saam met die wêreld

Die SANBD se Ermelo-tak het 34 eenhede bloed op dié dag ingesamel wat bygedra het tot die 3 923 sakkies bloed wat nasionaal geskenk is.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBD) het op 14 Junie Wêreldbloedskenkerdag, ‘n dag waarop daar internasionaal erkenning aan bloedskenkers gegee word, gevier.

Vanjaar se tema was “Bloed verbind ons almal”.

Die SANBD se Ermelo-tak het 34 eenhede bloed op dié dag ingesamel wat bygedra het tot die 3 923 sakkies bloed wat nasionaal geskenk is.

Skenkers het almal vir die gelukkige trekking gekwalifiseer en Barend van der Westhuizen het met ’n skaapboud,

Helena Nortje met Texan Steak en Vera le Roux met ’n beesstert weggestap.

Die SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op dié wyse red.

Vir meer inligting oor hoe om ‘n bloedskenker te word en waar om jou naaste skenkersentrum te kry, besoek www.sanbs.org

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button