Local newsNews

Joernalis maak Hoëvelder trots

Erika Nel, joernalis by die Hoëvelder, is verlede Vrydagaand vir haar skryfvaar-dighede vereer.

Erika Nel, joernalis by die Hoëvelder, is verlede Vrydagaand vir haar skryfvaar-dighede vereer.

Tydens die eerste jaarlikse Local Media Excellent Awards aangebied deur die Forum vir Gemeenskapsjoernaliste het Erika die koeant se naam hoog gehou deur met ‘n derde plek in Menslikheidsnuus weg te stap.

Dit is vir ‘n verslaggewer ‘n merkwaardige prestasie om sy merk in dié uitgelese geselskap te maak, want joernaliste van gemeenskapskoerante landwyd neem aan dié kompetisie deel.

Vanjaar se toekennings is tydens ‘n galageleentheid by die Leriba Hotel en Spa in Centurion oorhandig.

Redakteurs, joernaliste en fotograwe van oral in die land het dié toekenningsaand bygewoon.

Erika het laat verlede jaar drie Oscar Frewin-toekennings vir joernaliste in die Mpumalanga Hoëveldstreek ontvang.

Sy is as die wenner aangewys in die kategorieë Opkomende Joernalis van die Jaar en Beste Menslikhiedsnuusjoernalis en het ‘n tweede plek in die Portretfotografie-afdeling behaal.

“Die toekennings het al my verwagtinge oortref. Ek het nooit kon droom dat ek ‘n joernalis sou word nie. Drie jaar gelede was ek nog volstoom in die kosbedryf aan die werk,” het Erika gesê.

Die personeel van die Hoëvelder is baie trots op Erika en deel in haar vreugde.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button