Local newsNews

CMR hou winterverkoping

Snoesige gebreide serpe, handskoene, "beanies" en ander warm wintergoedjies is verkoop.

Die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) Ermelo-tak het Vrydag ‘n winterverkoping gehou as geldinsameling.

Snoesige gebreide serpe, handskoene, “beanies” en ander warm wintergoedjies is voor Alan’s Slaghuis verkoop.

Sop en kerrie-en-rys wat te koop was, het ook groot byval by die publiek gevind.

Die CMR bedank graag Alan’s Slaghuis, Voorspoed Slaghuis, Flip de la Rosa, Ds Jaco van Niekerk en al die ander borge vir hul ondersteuning asook die vroue wat gebrei het.

IMG_1935

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button