Local newsNews
Kids for Christ besoek Ermelo Kinderhuis
Die groep jongmense wat hul daaraan toewy om die Woord van die Here te verkondig, het met arms vol "bederfies" by die kinderhuis opgedaag en die grootste deel van die oggend saam met kinders gespeel en gesels.
Die Kids for Christ het Saterdag besoek aan Ermelo Kinderhuis afgelê.
Die groep jongmense wat hul daaraan toewy om die Woord van die Here te verkondig, het met arms vol “bederfies” by die kinderhuis opgedaag en die grootste deel van die oggend saam met kinders gespeel en gesels.
Nadat almal saam aan al die lekkernye gesmul het, het die Kids for Christ die oggend afgesluit met gewyde sang.
Annemarie Prinsloo van Kids for Christ het alle eer aan die Here gegee wat dit vir hulle moontlik maak om Sy Woord uit te dra.
Sy het ook al die borge wat mildelik gegee het, bedank vir die lekkernye en sy daag almal uit om iets vir die kinderhuis te doen of te gee, “al is dit net ‘n paar minute van hulle tyd”.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.