Local newsNews

Teddies bring drukkies en glimlagte

Die spontane glimlagte op die pasiënte se gesigte het getuig van die sukses en waardering van die gebaar.

Lidmate van die Ned Hervormde Gemeente Ermelo het hul ”Teddie teen Trane “ projek van vroeër vanjaar verlede Vrydag opgevolg met ’n welwillendheids besoek aan die plaaslike Medi Clinic. Meer as 600 teddies is tydens die projek deur gemeentelede ingesamel.

Gewapen met sakke vol teddies en sagte speelgoed het  hulle pasiënte, van die oudste tot die jongste Vrydag besoek en teddies en sagte speelgoed met boodskappe van bemoediging aan hulle oorhandig.

Die spontane glimlagte op die pasiënte se gesigte het getuig van die sukses en waardering van die gebaar.

Dr Piet van Zyl, leraar van die gemeente het gesê die bedoeling was juis om troos en bemoediging vir die pasiënte te bring en die teddies het beslis daartoe bygedra.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button