GeneralNews

Babahondjies reg vir aanneming

’n Sewe week oue werpsel Husky-kruishondjies is reg vir aanneming.

Daar is tans agt katte en 32 honde in EARS se sorg waarvan nege ’n sewe week oue werpsel Husky-kruishondjies is.

Volgens Ronél van der Merwe, voorsitter van EARS, het hulle dringend hulp nodig met kos vir die diere.

Sy bedank buurtwag sektor 3, Christo Raath en Manie en Lizelle Olivier vir al hul moeite met die worsbroodjieverkope verlede week ten bate van die diere.

Eerskomende naweek vind die EARS-poolkompetisie plaas. Die liga-afdeling is reeds vol bespreek, maar daar is steeds baie plek beskikbaar vir Vrydagaand se gewone kompetisie.

Vir meer inligting oor die naweek se kompetisie, om ’n skenking te maak of ’n dier aan te neem, skakel Ronél by 083 976 7113.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button