Local newsNews

Gewilde winkelier sterf

Hy was bekend vir sy innemende en vriendelike persoonlik-heid en was deur die jare baie gewild onder die honderde kinders wat die kafee voor en ná skool besoek het.

Mnr. Frank da Silva (56), gewilde winkelbestuurder van Jimbo’s Superette in De Bruinpark, is Saterdag 30 Julie ná ‘n kort siekbed oorlede.

Mnr. Da Silva was bekend vir sy innemende en vriendelike persoonlik-heid en was baie gewild onder die honderde kinders wat die kafee voor en ná skool besoek het.

Klante sal hom onthou vir die aangename geselsies wat hy met hulle aangeknoop het.

Mnr. Da Silva is op Ermelo gebore en het hier skoolgegaan.

Hy het voorheen sy eie onderneming bedryf en was die afgelope 10 jaar verbonde aan Jimbo’s .

Hy laat sy vrou, Sonia, en kinders Cassie, André en Carlo agter.

Die begrafnisdiens het Dinsdag 2 Augustus vanuit die Rooms-Katolieke kerk op Ermelo plaasgevind.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button