GeneralNews

Dis g’n spekskietery

Mnr. Billy Lloyd het tydens Ermelo Tuinbouklub se maandvergadering verlede week

Mnr. Billy Lloyd het tydens Ermelo Tuinbouklub se maandvergadering verlede week ‘n insiggewende praatjie oor die spekboom gelewer.

Me. Elsa Nursey wat haar 80ste verjaarsdag vroeër gevier het, was eregas by die vergadering wat by die Con Amore Sentrum gehou is.

Dit was vir die vroue ‘n voorreg om dié spesiale vrou te kon bederf.
Hoe langer Billy gepraat het, hoe meer het die vroue besef dat sy kennis van die spekboom duidelik bogemiddeld is en dat hy waarlik weet waarvan hy praat.

Sommige het selfs gehoop dat vir nog veel langer oor dié wonderlike plant kon gesels.

Die spekboom (Portulacaria afra) word beskou as die wonderplant van die 20ste eeu.

Dié plant, geskik vir mens en dier, kan geplant word om vuil lug te suiwer, selfs in ‘n pot in ‘n gebou.

Dit is ‘n geharde plant en kan geplant word waar verspoelings en oorbeweiding van grond plaasvind.

Hoewel dit ‘n geharde plant is wat werklik min aandag nodig het, is dit op die Hoëveld nodig om teen ryp te beskerm.

Oudergewoonte het die vroue ná die praatjie weer saamgekuier en heerlike verversings geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button