Sien foto’s:
‘n Swaar vragmotor het omgeslaan nadat die bestuurder beheer oor sy voertuig verloor toe hy na bewering vir ‘n aankomende voertuig moes uitswaai.
Die ongeluk het Sondagoggend omstreek 06:00 op die pad tussen Ermelo en Chrissiesmeer plaasgevind.
Die vragmotorbestuurder het ligte beserings opgedoen.
Die beskadigde vragmotor is deur ’n insleepdiens weer op sy wiele getrek en van die toneel verwyder.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!








