Local newsNews

Noue ontkoming vir twee

Na wat verneem word, het die bestuurder van die ongelukstoneel af weggehardloop.

Die bestuurder en passasier van ’n VW Polo Vivo was gelukkig om sonder beserings daarvan af te kom toe die voertuig teen ’n hoë spoed teen ’n versperring gebots en omgeslaan het.

Die enjin, onderstel en voorwiele is weens die geweld van die botsing oor ’n afstand van bykans 100 m oor die pad gestrooi.

Die ongeluk het Vrydagaand omstreeks 20:40 buite Ermelo naby die weegbrug op die N11 tussen Ermelo en Hendrina plaasgevind.

Na wat verneem word, het die bestuurder van die ongelukstoneel af weggehardloop.

IMG_5368 IMG_5371 IMG_5372

IMG_5370B

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Highvelder News in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button